In ‘n poging om graad 12-leerders te help wat die Nasionale Senior Sertifikaat-(NSS)-eksamen gaan skryf, is die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) besig om digitale hulpbronne beskikbaar te stel op die Freedom Toasters by onderwysdistrikskantore.
2.
Telematiese videos 2014, asook die vorige eksamenvraestelle en memorandums, is opgelaai op die Freedom Toasters by alle onderwysdistrikskantore.
3.
Geen internettoegang is nodig om hulpbronne van die Freedom Toasters af te laai nie.
4.
Die WKOD wil graag alle graad 12-leerders sterkte toewens met hulle voorbereiding vir die finale eksamen.
5.
Indien u enige hulp benodig, kontak asseblief u e-Leer adviseur, soos hieronder gelys: