1. |
Die Wes-Kaap Onderwysdepartement het 'n DVD gereproduseer wat die Siyavulahandboeke vir Wiskunde en Fisiese Wetenskappe bevat om graad 12-onderwysers en leerders te ondersteun. |
2. |
Moenie hierdie boeke vir leerders druk nie; kies eerder net die bladsye wat vir konsolidasie/hersieningsdoeleindes vereis word. |
3. |
Gebruik die e-boeke as 'n onderriginstrument en integreer dit toepaslik by die lesse in. 'n Dataprojektor en rekenaar kan doeltreffend gebruik word vir hierdie doeleindes. |
4. |
Kopieë van die DVD sal aan distrikskantore gestuur word wat dit dan onder skole sal versprei. |
5. |
Indien die DVD teen 13 Oktober 2014 nog nie ontvang is nie, rig navrae direk aan die Hoof: Kurrikulumkoördinering en –advies by die distrikskantoor. |
6. |
Prinsipale word vriendelik versoek om die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van alle Wiskunde en Fisiese Wetenskappe onderwysers van graad 12 te bring. |
GETEKEN: BK SCHREUDER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBESTUUR
DATUM: 2014:08:29
|
|