1. |
Die Departement van Basiese Onderwys (DBO) se Omsendbrief S8 van 2014 het aangekondig dat die graad 12-letterkunde wat vir 2014 voorgeskryf is, is weer vir 2015 voorgeskryf. |
2. |
Die Omsendbrief bepaal ook dat graad 12-folklore vir Afrika-tale in 2015 geïmplementeer sal word aangesien aankope onderweg is en aflewering by skole aan die einde van Oktober 2014 gefinaliseer sal word. |
3. |
Soos uiteengesit in Omsendbrief S13 van 2013, word die status quo handhaaf vir die voorgeskrewe graad 12-letterkunde vir kandidate wat die Nasionale Senior Sertifikaateksamen skryf, tot November/Desember 2015 en Februarie/Maart 2016. |
4. |
Alle uitstaande genres vir graad 12 sal in 2016 geïmplementeer word. |
5. |
Bring asseblief die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van alle taalonderwysers wat daarvoor verantwoordelik is om kandidate vir die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamens voor te berei. |
GETEKEN: BK SCHREUDER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBESTUUR
DATUM: 2014:08:14
|
|