1. |
Die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) wil graag skoolhoofde van sekondêre en gespesialiseerde skole in kennis stel van die Eskom Expo vir Jong Wetenskaplikes wat gedurende die maand van Augustus 2014 sal plaasvind. |
2. |
Alle leerders van Wetenskap, Tegnologie, Ingenieurswese en Wiskunde (WTIW) vakke word uitgenooi om wetenskap projekte voor te lê en in te skryf. |
3. |
Die Departement van Basiese Onderwys moedig alle WTIW-leerders aan om deel te neem aan hierdie inisiatief wat deur vier (4) Streekswetenskap Direkteure, verantwoordelik vir hierdie geleenthede in verskillende streke van die Wes-Kaap, aangebied sal word. Onderwysers moet ook leerders aanmoedig om deel te neem aan hierdie projek om sodoende hulself bloot te stel aan die geleenthede wat hierdie projekte bied. |
4. |
Die datums vir hierdie geleenthede is soos volg:
a. |
Onderwysdistrik Stedelike Metropool: |
|
22 Augustus 2014 |
b. |
Onderwysdistrik Eden en Sentrale Karoo: |
|
22 Augustus 2014 |
c. |
Onderwysdistrik Kaapse Wynland: |
|
22 Augustus 2014 |
d. |
Onderwysdistrik Weskus: |
|
15 Augustus 2014 |
|
5. |
Die kontakbesonderhede van die vier (4) Streekswetenskap Direkteure is soos volg:
a. |
Kaapstad streek: |
Olga Peel |
Sel: 083 463 4597 |
b. |
Eden en Karoo streek: |
Marenei Bester |
Sel: 082 044 3521 |
c. |
Stellenbosch streek: |
Erika Hoffman |
Sel: 083 461 7525 |
d. |
Weskus streek: |
Christa Philander |
Sel: 082 896 7739 |
|
6. |
Die inhoud van hierdie minuut moet onder die aandag van onderwysers en lede van skoolbeheerliggame gebring word. |
GETEKEN: BK SCHREUDER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBESTUUR
DATUM: 2014:08:11
|
|