1. |
Die Wes-Kaap Onderwysdepartement is daartoe verbind om te verseker dat alle leerders ingelig gehou word oor alle inligtingsbronne wat hulle kan help om ingeligte besluite te neem. |
2. |
Die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding, in samewerking met die Suid-Afrikaanse Kwalifikasieowerheid en die Departement van Basiese Onderwys, het 'n boekie, getiteld "Doen nou aansoek!" vir graad 12-leerders saamgestel |
3. |
Die boekie verskaf inligting oor naskoolse studies en die toepaslike registrasieprosedures. Dit ondersteun die onderwerp "Loopbane en Loopbaankeuses" in die Kurrikulum en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir Lewensoriëntering. |
4. |
Die "Doen nou aansoek!"-veldtog se boekies sal by alle gewone openbare hoërskole afgelewer word met inligting oor naskoolse programme en die tersaaklike registrasieprosesse, om graad 12-leerders aan te moedig om betyds by naskoolse inrigtings aansoek om toelating te doen. |
5. |
Die "Doen nou aansoek!"-veldtog is deel van die Nasionale Beroepsontwikkelingsdienste (BOD) wat die volgende hoofelemente insluit:
- Hulplyn vir Loopbaanadvies;
- Khetha-radioprogramme;
- Opleidings- en Ondersteuningsdienste; en
- Loopbaangeleenthede, uitstallings en die jaarlikse Mandela-dag Loopbaanvoorligting-fees.
|
6. |
Dit is belangrik dat hoerskoolleerders bewus gemaak word van beskikbare loopbaankeuses en die belangrikheid daarvan om vir hulle voorkeur naskoolse kwalifikasie aansoek te doen. |
7. |
Prinsipale word versoek om die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van alle Lewensorientering-onderwysers, personeellede en skoolbeheerliggame te bring. |
GETEKEN: PP SATYO
WNDE ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBESTUUR
DATUM: 2014:06:03
|
|