1. |
Die 25ste Mei word jaarliks regdeur Afrika herdenk as "Afrika-dag". |
2. |
Die doel van die herdenking van Afrikadag is om Afrikageskiedenis, tale en kulturele diversiteit te vier, en om erkenning te gee aan ons gedeelde Afrika-identiteit en lidmaatskap van die Afrika Unie (AU). |
3. |
Prinsipale en onderwysers word versoek om saalbyeenkomstyd gedurende die week wat Afrikadag (19 – 23 Mei) voorafgaan te gebruik om ons gedeelde Afrika-identiteit te vier en om leerders bewus te maak van die geskiedenis en betekenis van hierdie dag vir alle Afrikane. |
4. |
Waar moontlik word onderwysers aangemoedig om kurrikulumgerigte lesse te beplan gedurende die week van 19 – 23 Mei wat leerders inlig aangaande aspekte van Afrika of die viering van die prestasie van Afrikane. |
5. |
'n Hulpbronpakket is voorberei (Bylae A) met sommige materiaal wat in 'n byeenkoms ter viering van Afrikadag of kurrikulumgerigte lesse gebruik kan word. |
6. |
Indien u verdere inligting oor hierdie saak verlang, kontak asseblief dr. K Angier, Senior Kurrikulumbeplanner: Geskiedenis, by e-posadres kate.angier@westerncape.gov.za of telefoonnommer 021 467 2251. |
7. |
Bring asseblief die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van alle betrokke personeel. |
GETEKEN: BK SCHREUDER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBESTUUR
DATUM: 2014:05:13
|
|