1. |
Die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) was geïmplementeer in graad 12 in Januarie 2014. |
2. |
Na aanleiding van bogenoemde, sal die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) aanvullende eksamen in Februarie/Maart 2014 die laaste eksamen wees wat volgens die Vakverklarings, Leerprogramriglyne en Vakassesseringsriglyne afgeneem word. |
3. |
Alle kandidate wat herhaal, of deeltydse kandidate wat vir die 2014 Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen inskryf, sal van die Nasionale Kurrikulumverklaring graad 10 – 12 soos uiteengesit in die Vakverklarings, Leerprogramriglyne en Vakassesseringsriglyne moet verander na die Kurrikulum en Assesserings-beleidsverklaring graad R – 12. |
4. |
Geen eksamen vraestelle sal opgestel word volgens die ou Vakverklarings, Leerprogramriglyne en Vakassesseringsriglyne nie. |
5. |
Prinsipale en onderwysdistriksbeamptes word vriendelik versoek om die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van hulle personeel, ouers en leerders te bring. |
GETEKEN: BK SCHREUDER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBESTUUR
DATUM: 2014:04:25
|
|