1. |
Die Jaarlikse Nasionale Assesserings (JNA) is geskryf deur graad 1 tot 6 en 9 leerders van gewone openbare skole, staatsbefondsde onafhanklike skole en sekere spesiale skole van 10 tot 13 September 2013. |
2. |
Die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) het aan elke skool 'n 2013 JNA-verslag verskaf waar toegang verkry kan word deur middel van die Sentrale Onderwysbestuursinligtingstelsel (SOBIS) as volg: kliek op "Assessments" en kies "ANA 2013 report". Hierdie verslag vergelyk elke skool se uitslae met die uitslae van die kring, onderwysdistrik en die provinsie. |
3. |
Senior Kurrikulum-beplanners en onderwysdistrikbeamptes moet daarop let dat die JNA 2013 verslag beskikbaar is op EduInfoSearch, onder "Numeracy/Literacy Competency Assessment". Kies "Annual National Assessments" en dan "Results by Grade (Report)" om toegang tot die data te verkry.
|
4. |
Bring asseblief die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van alle betrokkenes. |
GETEKEN: BK SCHREUDER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBESTUUR
DATUM: 2014:02:12
|
|