1. |
In 2014 sal die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen (NSS) vir die eerste keer volgens die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklarings (KABV) afgeneem word. Dit beteken dat daar vanaf 2014 veranderinge in die formaat en inhoud van sommige vraestelle sal wees. |
2. |
Die Departement van Basiese Onderwys (DBO) het die Provinsiale Departement van Onderwys van eksamenriglyne voorsien om die graad 12-kandidate en -onderwysers met die voorbereiding vir die jaareindeksamens te help. |
3. |
Die eksamenriglyne sal op die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) se webwerf beskikbaar gestel word by: http://www.wcedcurriculum.westerncape.gov.za/. Kliek op "Assessment Management / FET Assessment". Kliek op "Articles" op die linkerkantste blok. Kliek op "Examination guideline documents" en kliek op die skakel en laai die eksamenriglyne af. |
4. |
'n CD, wat hierdie eksamenriglyne bevat sal aan elke skool en onderwysdistrikskantoor gestuur word. |
5. |
Prinsipale word vriendelik versoek om hierdie inligting onder die aandag van alle graad 12-onderwysers en kandidate te bring. |
GETEKEN: BK SCHREUDER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBESTUUR
DATUM: 2014:02:12
|
|