1. |
Die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) wil hiermee alle skole bedank wat deelgeneem het aan die Jaarlikse Nasionale Assesserings (JNA) van 2013. |
2. |
Die voorgestelde datums vir die universele JNA is 9 tot 12 September 2014 volgens die Departement van Basiese Onderwys (DBO). Sodra die amptelike kennisgewing ontvang is, sal die datums bevestig word. |
3. |
Die DBO het voorgestel dat graad 7 en 8 by die skryf van die 2014 JNA's ingesluit word. Die volle getal graad 1 tot 9-leerders in gewone openbare skole, staatsbefondsde onafhanklike skole en sekere spesiale skole mag dalk die toetse in 2014 moet skryf. Skoolhoofde moet verseker dat hulle graad 1 tot 9- leerders korrek op die Sentrale Onderwysbestuursinligtingstelsel (SOBIS) geregistreer word. |
4. |
Die rooster sal beskikbaar gestel word sodra dit van die Departement van Basiese Onderwys ontvang is. |
5. |
Soos in 2012 en 2013 sal alle JNA skrifte weereens op skoolvlak nagesien word deur die vakonderwysers. Hierdie moet asseblief in die skool se beplanning geïnkorporeer word. |
6. |
Die WKOD sal weereens op u ondersteuning staatmaak om die suksesvolle bestuur en afneem van hierdie toetse te verseker. |
GETEKEN: PP SATYO
WAARNEMENDE ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBESTUUR
DATUM: 2014:01:28
|
|