1. |
Die Departement van Basiese Onderwys (DBO) het model skoolgebaseerde assesseringstake (SGA-take) in die volgende sewe geselekteerde vakke vir die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) ontwikkel: Rekeningkunde, Engels Eerste Addisionele Taal (EAT), Geografie, Geskiedenis, Lewenswetenskappe, Wiskunde en Fisiese Wetenskappe. |
2. |
Dit is die vooruitsig dat onderwysers die model SGA-take van die DBO as 'n standaard sal gebruik waarteen hulle eie SBA-take gemeet kan word. |
3. |
Die model SGA-take sluit in alternatiewe vorme van assessering en vaardighede wat nie op groot skaal in 'n eksamen geassesseer word nie. |
4. |
Die assesseringstake wat ooreenstem met die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV), is soos volg:
Vak |
SGB-take |
Rekeningkunde |
Navorsing, Aanbieding, Verslag, Gevallestudie |
Engels EAT |
Opdrag, Mondelinge Aanbieding |
Geografie |
Praktiese Taak, Navorsing, Projek |
Geskiedenis |
Navorsingsprojek, Erfenisopdrag, Mondelinge Geskiedenis, Uitgebreide Brongebaseerde Geskrewe Taak |
Lewenswetenskappe |
Praktiese Taak, Navorsingsprojekte |
Wiskunde |
Ondersoek, Projek |
Fisiese Wetenskappe |
Praktiese Ondersoek, Navorsingsprojek |
|
5. |
Die model SGA-take is beskikbaar op die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) se Verdere Onderwys en Opleiding (VOO)-assesseringswebtuiste, http://www.wcedcurriculum.westerncape.gov.za/
- Kliek op "Assessment Management / FET Assessment".
- Kliek op "Downloads" op die linkerkantse balkie.
- Kliek op die "2014 Exemplar SBA Tasks"-leer en laai die model SGA-take af.
|
6. |
Prinsipale word vriendelik versoek om hierdie inligting onder die aandag van die graad 12-onderwysers en -leerders van die sewe geselekteerde vakke te bring. |
GETEKEN: BK SCHREUDER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBESTUUR
DATUM: 2014:07:18
|
|