1. |
Die Nasionale Onderwystoekennings (NOT) erken uitnemendheid en hoe vlakke van professionalisme, en voorsien die onderwysgemeenskap van die geleentheid om die prestasies van uitnemende onderwysers te vier. Voorts plaas hulle die kollig op die buitengewone werk wat oor die algemeen deur onderwysers verrig word. |
2. |
Die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) is dus trots om die 15de jaarlikse provinsiale toekenningseremonie aan te bied en as gasheer op te tree, voorlopend tot die 15de Jaarlikse NOT-seremonie.
|
3. |
'n Elektroniese weergawe van die Inligtingsgids, wat die nominasievorms en kwalifiserende kriteria bevat, sal met verloop van tyd aan skole gestuur word. 'n Drukstuk sal alle WKOD-inrigtings aan die begin van die 3de kwartaal bereik. |
4. |
Alle onderwysers, skoolbeheerliggame en distriksamptenare word uitgenooi om nominasies, wat gebaseer is op die kriteria soos vervat in die Inligtingsgids, aan hulle prinsipale of sentrumbestuurders, voor te le.
|
5. |
Verdienstelike onderwysers kan in die volgende kategoriee genomineer word:
- Uitnemendheid in Laerskool-onderrig
- Uitnemendheid in Sekondere Skoolonderrig
- Uitnemendheid in Primere Skoolleierskap
- Uitnemendheid in Sekondere Skoolleierskap
- Uitnemendheid in graad R-onderrig
- Uitnemendheid in Spesialebehoeftes-onderrig
- Uitnemendheid in Inligting-en-kommunikasietegnologie - Verrykte Onderrig
- Uitnemendheid in Wiskunde-onderrig (VOO)
- Uitnemendheid in Wetenskap-onderrig (Fisiese Wetenskappe, VOO)
- Lewensprestasietoekenning
|
6. |
Prinsipale en sentrumbestuurders word versoek om die voltooide nominasievorms aan hulle onderskeie onderwysdistrikskantore te stuur, vir die aandag van die distrikskoördineerders. Indien u verdere inligting benodig, kontak asseblief die toepaslike distrikskoördineerder soos hieronder uiteengesit:
|
7. |
U aandag word gevestig op die volgende uittreksels uit die nominasiehandleiding:
- Die prinsipaal/sentrumbestuurder van die nominasie-span moet 'n nominasievergadering bele, wat die skoolbeheerliggaam (SBL) sal insluit, om die nominasieproses bespreek.
- Die personeel en SBL-lede van die skool moet die kriteriavereistes van elke kategorie bestudeer en spesifieke kenmerke of eienskappe, wat met hulle genomineerders in `n gegewe kriteria ooreen sal stem, saamstel.
- Wanneer geskikte onderwysers/spanne genomineer is, moet hulle name op die Nominasievorms soos voorsien, ingevul word
- Distriksbeamptes / Streeksbeamptes mag ook nomineer in oorleg met die skool.
|
8. |
'n Maksimum van vyf onderwysers per kategorie kan 'n span vorm. |
9. |
Prinsipale en sentrumbestuurders is verplig om die nominasievergadering teen nie later nie as 30 Julie 2014, te hou. Notules van die vergadering moet gehou word en aan die IBB-bestuurdervoorgele word vir die aandag van die betrokke distrikskoordineerder. |
10. |
Die sluitingsdatum vir die indien van alle nominasievorms by die distrikskoordineerder is 15 Augustus 2014. |
11. |
Kluster- en provinsiale finaliste (wenners en naaswenners) sal elk Inligtings-en- kommunikasietegnologie (IKT) geskenkbewyse van verskillende waardes ontvang wat by `n betroubare IKT diensverskaffer afgehaal kan word, dws
Vlak |
Waarde van IKT-geskenkbewys |
Kluster-wenners |
R 4 000 |
Kluster-naaswenners (2de en 3de) |
R 2 000 |
Provinsiale wenners |
R 12 000 |
Provinsiale naaswenners |
R 7 000 |
|
12. |
Daarbenewens sal skole wat wen elkeen 'n kontanttoekenning van R5 000 (kluster) en R 7 500 (provinsiaal) per skool per finalis ontvang wat gebruik moet word vir professionele ontwikkeling van die onderwyspersoneel ter verbetering van klaskamerpraktyk. |
13. |
Die Nasionale Onderwystoekennings word ondersteun deur die Hoof van Onderwys, unies, skoolbeheerliggaamverenigings en die Provinsiale Minister van Onderwys. |
14. |
Alle lede van die skoolgemeenskap word aangemoedig om deel te neem aan die nominasie van verdienstelike persone vir die Nasionale Onderwystoekennings. |
15. |
Bring asseblief die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van al u onderwyspersoneel. |
GETEKEN: BK SCHREUDER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBESTUUR
DATUM: 2014:05:23
|
|