1. |
Die Burger, in samewerking met die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD), sal weer die 56ste jaarlikse Jeugleierskonferensie aanbied vanaf 12 tot 18 Desember 2014 by Die Burger Strandhuis in Muizenberg, Kaapstad. |
2. |
Skole word uitgenooi om die voorsitter en/of ondervoorsitter van die Verteenwoordigende Raad van Leerders vir 2015 te nomineer. Vyftig (50) jeugleiers (25 seuns en 25 meisies) sal gekeur word vanuit die aansoeke volgens die kriteria wat in die aangehegte nominasievorm aangedui word. |
3. |
Die voertaal van die konferensie is Afrikaans (die taal van Die Burger koerant), maar kandidate van alle taalgroepe sal vir keuring oorweeg word. |
4. |
Daar sal van gekose jeugleiers verwag word om die konferensie voltyds vanaf Vrydag 12 Desember tot Donderdag 18 Desember 2014 by te woon. |
5. |
Die aangehegte nominasievorm moet volledig ingevul word en, waar nodig, moet toepaslike inligting ter stawing van die aansoek verskaf word. |
7. |
Die WKOD nooi alle skole uit om gepaste kandidate vir hierdie prestigeryke konferensie te nomineer. |
GETEKEN: BK SCHREUDER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBESTUUR
DATUM: 2014:10:23
|
|