1. Hierdie minuut vervang Omsendbrief 0050/2005 en moet saamgelees word met die riglyne vervat in die Prosedurehandleiding vir Sentrumbestuurders en Terreinkoördineerders van Gemeenskapsleersentrums

2. Distrikskantore en gemeenskapsleersentrums (GLS'e) word versoek om te hou by die volgende prosedures om die voorsiening van inligting deur GLS'e en die registrasie, befondsing, sluiting en naamverandering van die GLS'e te vereenvoudig

3. Registrasie van gemeenskapsleersentrums
3.1 Die Wet op die Onderwys en Opleiding van Volwassenes, 2000 (Wet 52 van 2000) bepaal dat geen persoon 'n sentrum mag stig of bedryf tensy dit by die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) geregistreer is nie.
3.2 Elke sentrum moet aan die betrokke vereistes voldoen voor die registrasie oorweeg kan word.
3.3 Aansoeke moet voorgelê word aan die WKOD vir oorweging via die betrokke distrikskantoor en op die voorgeskrewe CLC2-aansoekvorm.
3.4 Na die betrokke distriksbeampte die aansoek geëvalueer het, moet die aanbeveling van die distrikskantoor aangestuur word na die Hoofkantoor vir die aandag van die Subdirektoraat: Onderwys en Opleiding vir Volwassenes (OOV).
3.5 Die aansoeker sal ingelig word van die uitkoms van die aansoek via die distrikskantoor.
3.6 Goedkeuring vir die sluiting of verskuiwing van 'n sentrum moet verkry word van die WKOD, via die distrikskantoor, voor die beoogde sluiting of verskuiwing. Die distrikskantoor moet die betrokke inligting aangaande die sluiting of verskuiwing aan die Subdirektoraat: OOV aanstuur.

4. Plig van sentrums om inligting te verskaf
4.1. Nadat 'n sentrum by die WKOD geregistreer is, is dit verplig om die volgende dokumentasie aan die WKOD voor te lê:
4.1.1 Kits- en Jaarlikse Opnames
4.1.2 Kwartaallikse opsomming van leerderteenwoordigheid
4.1.3 Kwartaallikse opsomming van opvoederteenwoordigheid
4.2 Die distrikskantoor moet die Kits- en Jaarlikse opnamevorms aan die Direktoraat: Kennis-en-inligtingsbestuur voorlê.
4.3 Toekennings aan sentrums sal teruggehou word indien die bogenoemde dokumente nie voorgelê word nie.

5. Befondsing
5.1 Sodra 'n sentrum geregistreer is, mag die WKOD dit oorweeg om die sentrum te befonds. Om vir befondsing in aanmerking te kom, moet 'n sentrum
5.1.1 voldoen aan die vereistes soos in paragraaf 38(1)(J) van die Wet op Openbare Fiansiële bestuur (WOFB) deur die Evalueringsvraelys vir Wes-Kaapse Gemeenskapsleersentrums in te vul en voor te lê. Voldoening aan die Wet op Openbare Finansiële Bestuur en sy bylaes; en
5.1.2 jaarliks aansoek doen deur die betrokke CLC3-vorm te voltooi en voor te lê aan die WKOD teen nie later nie as 15 junie van elke jaar.
5.2 Indien befondsing goedgekeur word en die sentrum voloen aan par. 38(1)(J) van die WOFB, sal een kwart betaal word na die WKOD 'n bevredigende finansiële verslag oor die WCED-043-vorm ontvang het. Die WKOD-043-vorm moet voorgelê word aan die distrikskantoor se Korporatiewediensseksie binne 30 dae van die begin van elke kwartaal.
5.3 Alle GLS’e is verplig om kwartaallikse finansiële verslae op die WKOD-043-vorm en jaarlikse geouditeerde finansiële state aan Hoofkantoor via Korporatiewe Dienste voor te lê.

6. Sluiting van sentrums
6.1 Indien die beheerliggaam van 'n sentrum besluit om die sentrum te sluit, moet die WKOD via die distrikskantoor ingelig word van sodanige besluit, ten minste drie maande voor die beplande sluiting. Die datum van die beoogde sluiting moet gespesifiseer word.
6.2 Sulke inligting sal aan die Subdirektoraat: OOV deur die distrikskantoor gestuur word.
6.3 Reëlings vir die oordrag van leerders en opvoeders moet gedoen word in konsultasie met die distrikskantoor.

7. Naamsveranderinge
7.1 Indien die beheerliggaam die verandering van die sentrum se naam goedgekeur het, moet 'n aansoek om die naam te verander voorgelê word aan die Subdirektoraat: OOV, via die distrikskantoor.
7.2 Die aansoek wat aangestuur word, moet vergesel wees van die distrikskantoor se goedkeuring.
7.3 Die betrokke sentrum sal ingelig word, via die distrikskantoor, van die uitkoms van die aansoek.


GETEKEN: J H LYNERS
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: INRIGTINGSONTWIKKELING EN -KOÖRDINERING
DATUM: 2013:03:06

"Adult Basic Education and Training Act"  (grootte: 477 KB)
"Public Financial Management Act"  (grootte: 487 KB)

The following form is in Excel® format.
To save it for later use, click on the "zipped" link below and follow the intructions.
If you have Excel® installed on this computer, click on the "XLS" link below (the form will open in a separate window: to return to this circular, close that window)

"Form WCED 043: Quarterly Report"  ("zipped" version, grootte: 33 KB)
"Form WCED 043: Quarterly Report"  ("XLS" version, grootte: 57 KB)