1. |
Hierdie Minuut vervang IBBB-minuut 0020/2012 en moet saamgelees word met Omsendbrief 0067/2004 (Personeeldiensstate en die vul van deeltydse BOOVkontrakposte), IBBB-minuut 0003/2013 (Interpretasie van ROKW’s vir opvoeders by gemeenskapsleersentrums) en Hoofstuk 5 (5.10.2) van die Prosedurehandleiding vir Sentrumbestuurders en Terreinkoördineerders. |
2. |
Die beheerliggaam van die sentrum bepaal die vergoedingskoerse vir deeltydse opvoeders by gemeenskapsleersentrums. |
3. |
Beheerliggame word daaraan herinner dat deeltydse opvoeders nie vergoed mag word teen minder as 70% van die uurlikse PAM-tarief en nie meer as die PAM-tarief per uur nie. |
4. |
Die huidige PAM-tarief per uur is soos volg:
ROKW |
PAM-tarief per uur: |
70% van PAM-tarief per uur |
10 |
R90.82 |
R63.57 |
12 |
R154.04 |
R107.83 |
13 |
R258.66 |
R181.06 |
|
5. |
U samewerking in hierdie verband sal hoog op prys gestel word. |
GETEKEN: J.H. LYNERS
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: INRIGTINGSONTWIKKELING EN -KOÖRDINERING
DATUM: 2013:11:04
|
|