1. |
Die provinsiale program van beplande, gestruktureerde, kwartaallikse monitering wat deur IBB-bestuurders by skole gedoen moet word, sal voortgesit word in die derde en vierde kwartale, soos beskryf in die Besigheidstrategie- en Belanghebbendebestuursminuut 001/2013. Die volgende fokusgebiede sal gemoniteer word:
- Vordering met die SVP
- Werkboeke
- Handboeke
- Slaagkoerse vir graad 1 en 9
- Bestuur (vergaderings met ouers, beplande onderwys en ondersteuning, die pas van vordering met leerplan, databestuur, bywoningsbestuur)
- Tafels en stoele
- Infrastruktuur
- Finansiële bestuur
|
2. |
Die Skoolverbeteringsmonitering (SVM) patroonvorm moet op die volgende datums voltooi word:
Tydperk: |
Ondersoek |
Sperdatum |
Kwartaal 3 |
SVM Kwartaal 3 |
Vry 13 Sept-13 |
Kwartaal 4 |
SVM Kwartaal 4 |
Vry 15 Nov-13 |
Daar sal slegs een aftekendatum in Kwartaal 4 wees en nie die twee wat oorspronklik voorgestel is nie
|
3. |
Die prosedure wat in Kwartaal 2 bekendgestel is, sal gevolg word in kwartaal 3 en 4: |
3.1 |
Die moniteringfokusse (sien aangehegte bladsy) sal vir elke kwartaal d.m.v. 'n minuut voorsien word. |
3.2 |
Hierdie moniteringfokusitems sal vir aftekening verskaf word op die SOBIS onder "ADMINISTRATION" |
3.3 |
Die prinsipaal sal response aanlyn vaslê. |
3.4 |
Die IBB-bestuurders sal 'n afspraak maak om response te bespreek en die voltooide blad sal deur albei partye onderteken word. |
3.5 |
Die prinsipaal sal op SOBIS afteken. |
3.6 |
Die getekende drukstuk sal deur die IBB-bestuurder bewaar word vir ouditeringsdoeleindes. 'n Tweede ondertekende kopie moet bewaar word deur die skoolhoof vir dieselfde rede. |
3.7 |
Die IBB-bestuurder sal afteken op Eduinfosearch. |
4. |
Enige navrae sal hanteer word deur die IBB-bestuurder |
5. |
Dankie vir u verbintenis tot onderwys van gehalte. Die effektiewe aftekenproses in the tweede kwartaal het baie bruikbare inligting opgelewer. |
GETEKEN: PA VINJEVOLD
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2013:07:16
|
|