1. |
Op 12 September 2011 het die nasionale Departement van Basiese Onderwys, Staatskoerant 34600, gepubliseer. Dit het aangekondig dat die Nasionale Kurrikulumverklaring (NVK) uit die volgende dokumente bestaan:
- Die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir alle goedgekeurde vakke vir graad R – 12 (KABV)
- Die Nasionale Beleid oor die vordering- en bevorderingsvereistes van die NKV vir graad R -12
- Die Nasionale Protokol vir Assessering
|
2. |
Staatskoerant 34600 het bepaal dat die KABV vir die Verdere Onderwys- en Opleidingsfase soos volg geïmplementeer sou word:
- 2012: Graad 10
- 2013: Graad 11
- 2014: Graad 12
|
3. |
Hierdie minuut dien as 'n kommunikasie om skole en onderwysdistrikskantore in te lig van die Wes-Kaap Onderwysdepartement se plan vir die oriëntering van graad 12-onderwysers. |
4. |
Graad 12-onderwysers sal in hulle onderwysdistrikte opgelei word. Datums en lokale sal deur die distrikskantoor gereël word. |
5. |
Oriënteringsessies vir die volgende vakke sal deur Hoofkantoor gereël word:
Kunsvakke Ingenieursvakke Inligtingstegnologie Landbouvakke
|
6. |
Addisionele oriënteringsessies in die vorm van vakinhoudopleiding, sal deur die Direktoraat: Kurrikulum VOO (Hoofkantoor) gereël word. Onderwysers sal voor 30 April 2013 na hierdie sessies uitgenooi word. |
7. |
Die vakinhoudopleiding sal deur die senior kurrikulumbeplanners in samewerking met die kurrikulumadviseurs gedurende die tweede week van die Junie/Julie-vakansie, te wete 1 tot 5 Julie 2013, aangebied word. |
8. |
Bring asseblief die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van alle graad 12-onderwysers. |
GETEKEN: BK SCHREUDER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBESTUUR
DATUM: 2013:03:11
|
|