Nr. |
Onreëlmatighede |
Sankies wat toegepas moet word, of optrede wat deur die WKOD geneem moet word |
(a) |
Kandidaat gevind in besit van ongemagtigde materiaal gedurende die eksamen (bv. notas, memo) |
- Die kandidaat se resultaat vir daardie eksamenvraestel sal nietig verklaar word.
- Die kandidaat mag belet word van 'n minimum van een tot 'n maksimum van drie daarop-volgende NSS-eksamens, met die uitsondering van die aanvullende NSS-eksamen.
|
(b) |
Kandidaat gevind in besit van 'n ongemagtigde elektroniese toestel (bv. selfoon, geprogrameerde sakrekenaars) gedurende die eksamen |
- Die kandidaat se resultaat vir daardie eksamenvraestel sal nietig verklaar word.
- Die kandidaat mag belet word van 'n minimum van een tot 'n maksimum van drie daarop-volgende NSS-eksamens, uitsluitende die aanvullende NSS-eksamen.
|
(c) |
Kandidaat wat gevang word wat afskryf of hulp vanaf 'n mede-kandidaat ontvang |
- Die kandidaat se resultate vir daardie eksamenvraestel sal nietig verklaar word.
- Die kandidaat mag belet word van 'n minimum van een tot 'n maksimum van drie daarop-volgende NSS-eksamens, uitsluitende die aanvullende NSS-eksamen.
- Indien daar bewyse is van samewerking, sal die kandidaat wat hulp verleen het, belet word van 'n minimum van een tot 'n maksimum van drie daarop-volgende NSS-eksamens, uitsluitende die aanvullende NSS-eksamen.
|
(d) |
Afskryfnotas ontdek in die antwoordboek by die nasiensentrum, of kandidaat is gevind in besit van afskryfnotas tydens die skryf van die eksamen |
- Die kandidaat se resultate vir daardie eksamenvraestel sal nietig verklaar word.
- Die kandidaat mag belet word van 'n minimum van een tot `n maksimum van drie daarop-volgende NSS-eksamens, uisluitende die aanvullende NSS-eksamens
|
(e) |
'n Eksamenantwoordboek of antwoordblad wat uit die eksamenlokaal verwyder is en op 'n latere stadium ingedien word |
- Die kandiaat sal 'n "0" ontvang vir die betrokke antwoordblad/ antwoordboek wat van die eksamenlokaal verwyder is.
|
(f) |
Indiening van die werk wat nie die kandidaat se eie werk is nie |
- Die kandidaat se resultaat vir daardie eksamenvraestel sal nietig verklaar word.
|
(g) |
Die ontstaan van 'n stoornis, intimidasie, dronkenskap, verontagsaming van die reëlings en/of die instruksies van die toesighouer |
- Die kandidaat moet gewaarsku word en, indien hy of sy voortgaan met die gedrag of optrede, moet die kandidaat uit die eksamen-lokaal verwyder word, en verbeur dus die geleentheid om voort te gaan met die skryf van die eksamenvraestel.
- Die kandidaat se resultate vir daardie vraestel sal nietig verklaar word.
- Kriminele klagtes mag teen die betrokke kandidaat ingestel word.
|
(h) |
Kandidate skryf persoonlike, onbehoorlike of brutale kommentaar, of obsene tekeninge in eksamenantwoordboek |
- Die kandidaat se resultaat vir daardie eksamenvraestel sal nietig verklaar word.
|