1. |
Aansoeke word ingewag van onderwysers, kurrikulumadviseurs en senior
kurrikulumbeplanners wat aan die kriteria voldoen soos gespesifiseer in Bylae A vir betrekkings van interne moderator, hoofnasiener, adjunkhoofnasiener en nasiener vir die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen (NSS-eksamen) van November 2013 en die aanvullende eksamens van Februarie/Maart 2014 (waar toepaslik) vir die volgende vakke:
Afrikaans Huistaal |
|
Afrikaans Eerste Addisionale Taal |
Afrikaans Tweede Addisionele Taal |
|
Landbou-bestuurspraktyke |
Landbouwetenskap |
|
Landboutegnologie |
Rekenaartoepassingstegnologie |
|
Siviele Tegnologie |
Dansstudies |
|
Ontwerp (Teorie) |
Dramatiese Kunste |
|
Engels Huistaal |
Engels Eerste Addisionale Taal |
|
Ingenieursgrafika en Ontwerp |
Elektriese Tegnologie |
|
isiXhosa Huistaal |
isiXhosa Eerste Addisionele Taal |
|
isiXhosa Tweede Addisionele Taal |
Wiskunde Vraestel 3 |
|
Meganiese Tegnologie |
Musiek |
|
Religieuse studies |
Sesotho Huistaal |
|
Setswana Huistaal |
Visuele Kunste |
|
Ontwerp (Prakties) |
Gasvryheidstudie |
|
Toerisme |
|
2. |
Beamptes wat aan die aanstellingskriteria voldoen (Bylae A), en wat 'n minimum van 70% slaagsyfer in die 2012 NSS-eksamen behaal het in die betrokke vak in hulle skole, word versoek om aansoek te doen om bogenoemde poste. Lê asseblief die voltooide aansoekvorm (Bylae B) en die verklaringsvorm (Bylae C) teen 28 Maart 2013 aan die WKOD voor. |
3. |
Voorlegging van aansoeke |
3.1 |
Alle aansoeke moet op die aangehegte aansoekvorm (Bylae B) gedoen word en moet van die volgende vergesel word:
- 'n Begeleidende brief waarin die aansoeker verduidelik hoekom hy of sy vir die pos aansoek doen.
- 'n Voltooide verklaringsvorm waarvan 'n afskrif aangeheg is aan hierdie minuut as Bylae C.
|
3.2 |
Alle nuwe aansoekers moet die volgende dokumente aanheg by hulle aansoekvorms:
- Kurrikulum vitae
- Gewaarmerkte afskrif van identiteitsdokument
- Gesertifiseerde afskrif(te) van akademiese studierekord(s)
- Gewaarmerkte afskrif(te) van kwalifikasiesertifikaat/-sertifikate
|
3.3 |
Aansoeke moet by die volgende adres ingedien word:
Hoof: Onderwys Vir aandag: Mnr M Cameron Direktoraat: Eksamenadministrasie Wes-Kaap Onderwysdepartement 4de Vloer, Grand Central Gebou Laer Parlementstraat KAAPSTAD, 8001 |
3.4 |
Aansoeke moet die WKOD teen 28 Maart 2013 bereik. Indien u enige navrae het, kontak asseblief mnr M Cameron by tel. no. 021 467 2964 of mnr N Riddles by tel. no.021 467 2992. |
4. |
Suksesvolle aansoekers sal skriftelik van hulle aanstellings verwittig word en sal 'n kontrak met die WKOD moet sluit. Verdere korrespondensie aangaande die nasienproses sal dan volg. |
5. |
Die aangehegte ontvangserkenning (Bylae D) moet voltooi word deur die skoolhoof en terugbesorg word aan die WKOD voor 28 Maart 2013.
|
6. |
Die nasien van NSS-eksamenskrifte is een van die belangrikste aspekte van die eksamineringsproses. Die WKOD is trots op die aanstelling van gekwalifiseerde en bevoegde nasieners. Prinsipale en ander senior beamptes wat nasieners aanbeveel moet dus in goedertrou optree. Let asseblief daarop dat die verskaffing van foutiewe inligting op die aansoekvorm as bedrog beskou sal word en daar sal ingevolge die Wet op die Indiensneming van Opvoeders opgetree word. |
7. |
Dit is uiters belangrik dat prinsipale, onderwysdistriksdirekteure, IBB-adviseurs en kurrikulumadviseurs die inhoud van hierdie minuut onder die aandag bring van alle onderwysers sodat hulle bekend sal wees met die aanstellingskriteria voordat aansoeke ingedien word. Die Direktoraat: Assesseringsbestuur kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar indien onderwysers nie van die inhoud van hierdie minuut ingelig word nie. |
8. |
Die WKOD maak staat op u samewerking en ondersteuning in hierdie belangrike saak. |
GETEKEN: BK SCHREUDER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBESTUUR
DATUM: 2013:03:15
|
|