1. |
Die 2012-vorderings en -bevorderings kan aanlyn vasgelê word vanaf Donderdag, 15 November 2012 op die Sentrale Onderwysbestuursinligtingstelsel (SOBIS) en die Geïntegreerde Skooladministrasie-en-Bestuurstelsel (i-SAMS). |
2. |
Maak asseblief seker dat slegs leerders wat tans by u skool geregistreer is op die SOBIS/iSAMS verskyn en dat hulle in die korrekte grade en klasse verskyn. |
3. |
Enige leerder wat die skool verlaat het om na 'n ander skool te gaan, moet uit SOBIS/i-SAMS oorgeplaas word. |
4. |
Enige leerder wat na 'n ander provinsie of land gegaan het, moet op SOBIS/i-SAMS gederegistreer word. |
5. |
Alle kontrolering en korrigering van u skool se leerderbesonderhede moet voltooi word voor uitslae ingesleutel word met ingang van Donderdag, 15 November 2012. |
6. |
Die aanlyn-vaslegging van uitslae op die SOBIS of i-SAMS word in die aangehegte Bylae A en B onderskeidelik verduidelik. |
7. |
Vir bystand of navrae, kontak asseblief u IBB-bestuurder of die SOBIS-administrateur by u onderwysdistrikskantoor of Hoofkantoor. Die telefoonnommers is beskikbaar op die SOBIS onder die administrasiefunksie. Vir u gerief is dit ook hieronder gelys.
Ondersteuningskantoor |
Tel. no. |
Ondersteuningskantoor |
Tel. no. |
Metro-Sentraal |
021 514 6751 |
Kaapse Wynland |
023 348 0642/5 |
Metro-Oos |
021 900 7182 |
Eden & Sentrale Karoo |
044 803 8344 |
Metro-Noord |
021 467 2289 |
Overberg |
021 467 2287 |
Metro-Suid |
021 703 3198 |
Weskus |
021 860 1554/65 |
i-SAMS-ondersteuning |
0800 204 800 |
i-SAMS-ondersteuning |
021 467 2347 |
|
8. |
Die WKOD wil graag alle skole bedank vir hulle harde werk en samewerking deur die afgelope paar jaar, en wens hulle sukses toe met die eksamens en die jaareindadministrasie. |
9. |
Bring asseblief die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van alle betrokkenes. |
GETEKEN: MM HARKER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: ONDERWYSBEPLANNING
DATUM: 2012:11:08
|
|