1. |
Die Internasionale Vereniging van Skoolbiblioteekwese (IASL) het die maand Oktober tot jaarlikse Internasionale Skoolbiblioteekmaand (ISBM) verklaar. Gedurende Oktober 2012 sal skoolbiblioteke dwarsoor die wêreld en in Suid-Afrika biblioteek- en inligtingsdienste by skole vier en bevorder onder die tema: "Skoolbiblioteke: 'n Sleutel tot die verlede, hede en die toekoms". |
2. |
Om die belangrikheid van skoolbiblioteke tydens die Internasionale Skoolbiblioteekmaand te herdenk, word diegene wat in beheer van skoolbiblioteke in die hele wêreld is aangeraai om 'n dag te kies in Oktober 2012 wat hulle besondere omstandighede die beste pas. |
3.1 |
'n reeks voorstelle oor hoe WKOD-skole ISBM 2012 kan vier; |
3.2 |
nuttige webtuistes om te besoek, en |
3.3 |
die amptelike weergawe van die ISBM-logo wat gebruik moet word in promosiemateriaal. (Let daarop dat hierdie logo gebruik moet word vir die bekendmaking van ISBM en nie vir kommersiële doeleindes nie.) |
4. |
EDULIS bied die volgende dienste aan: |
4.1 |
Koördinasie van en ondersteuning aan die ontwikkeling en gebruik van skoolbiblioteke. |
4.2 |
Koördinasie van en ondersteuning aan opleiding in basiese skoolbiblioteekadministrasie vir onderwysers in beheer van skoolbiblioteke. |
4.3 |
Evaluering en aanbevelings van kurrikulumverwante biblioteekhulpbronne ter ondersteuning van geletterdheid- en gesyferdheidsprogramme. |
4.4 |
Ondersteuning en koördinering van spesiale biblioteekprojekte vir skole. |
4.5 |
Leiding met die aankoop van biblioteekvoorrade uit die Norme-en- standaardefondse en eie fondse. |
4.6 |
Leeshulp aan onderwysers en leerders. |
4.7 |
Leesbevordering deur besoeke aan skole om boekbesprekings te hou. |
4.8 |
Promosie van spesiale biblioteek-, geletterdheid- lees- en boekgebeurtenisse soos die Internasionale Skoolbiblioteekmaand (Oktober) en Wêreldboekedag (23 April jaarliks). |
4.9 |
Oriënteringsessies vir skoolpersoneel as deel van hulle professionele ontwikkeling. |
4.10 |
Bystand met kastalogisering van biblioteekmateriaal vir skoolbiblioteke. |
5. |
Die volgende EDULIS- en distriksbeamptes kan gekontak word in verband met die dienste gelys in par. 4 hierbo:
Susan Hanekom |
EDULIS Biblioteek, Bellville |
tel. 021 957 9617 |
Cheryl Joseph |
Kuilsrivier Hulpbronsentrum, Onderwysdistrik Metro-Oos |
tel. 021 900 5111 |
Ntombi Mngxuma |
Brian O.Connell Hulpbronsentrum, Onderwysdistrik Metro-Suid |
tel. 021 370 2084 |
Faith Lawrence |
Skoolbiblioteekadviseur, Onderwysdistrik Weskus |
tel. 021 860 1562 |
Janine Ontong |
Skoolbiblioteekadviseur, Onderwysdistrik Kaapse Wynland |
tel. 023 348 4657 |
Sara Clegg |
Skoolbiblioteekadviseur, Onderwysdistrik Overberg |
tel. 028 214 7387 |
Jennifer Caroto |
Skoolbiblioteekadviseur, Onderwysdistrik Metro-Noord |
tel. 021 938 3197 |
|
6. |
As gevolg daarvan dat daar nie in elke distrik 'n skoolbiblioteekadviseur is nie en op versoek van verskeie onderwysers om skoolbiblioteekadvies, kan die volgende EDULIS- personeel intussen gekontak word:
Onderwysdistrik Eden en Sentraal-Karoo en Metro-Oos: |
Rose Damon |
EDULIS, Bellville |
tel. 021 957 9626 |
Onderwysdistrik Metro-Sentraal en Metro-Suid: |
Theresa de Young |
EDULIS, Bellville |
tel. 021 957 9638 |
|
7. |
Die EDULIS-biblioteek bied bloklenings vir skole aan om hulle biblioteke te ondersteun. Die biblioteek is op die volgende tye oop:
Weekdae: |
07:30 - 16:30 |
Saterdae: |
09:00 – 12:00 |
Oop: |
Skoolvakansies: |
Geslote: |
Openbare vakansiedae en aangewese dae |
|
GETEKEN: M M HARKER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: ONDERWYSBEPLANNING
DATUM: 2012:09:18
|
|