1. |
Terwyl die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) ingefaseer word, word nuwe handboeke en werkboeke, aangepas by die KABV, geskryf. |
2. |
Beamptes wat skole besoek het opgemerk dat handboeke wat nie met die KABV in lyn is nie ruimte in stoorkamers by skole in beslag neem. |
3. |
Handboeke wat nie in die toekoms gebruik gaan word nie, moet in die beskikkingsregister op rekord gestel word en aan die onderwysdistrikskantoor gerapporteer word. |
4. |
Die aanwinsregister moet dan bygewerk word om die beskikking van daardie boeke op rekord te plaas. |
5. |
Distrikskantore mag verlof aan skole verleen om oortollige handboeke aan leerders uit te reik op sodanige wyse dat dit die nuwe handboeke sal aanvul en/of van oortollige en beskadigde handboeke ontslae sal raak. |
6. |
Skole wat oorvoorsien is van KABV-aangepaste handboeke en werkboeke moet die aangehegte vorm voltooi (Bylae A) en terugbesorg aan die LOOM-koördineerder by hulle onderwysdistrikskantoor. (Sien die aangehegte Bylae B vir die name van hierdie beamptes.)
|
7. |
Indien ‘n skool nie die aangehegte vorm invul en terugstuur nie, sal dit aanvaar word dat die skool oor geen oortollige KABV-aangepaste handboeke of werkboeke beskik nie. |
8. |
Bring asseblief die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van alle lede van u personeel. |
GETEKEN: MM HARKER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: ONDERWYSBEPLANNING
DATUM: 2012:08:17
|
|