1. |
Hierdie minuut dien om alle onderwysers, prinsipale en skoolbeheerliggame (SBL’e) in te lig aangaande die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) se riglyne vir skoolverryking. Die grondrede vir die insluiting van skoolverryking in ‘n skool se aktiwiteitsprogram word in Bylae A verduidelik. |
2. |
Die WKOD vereis dat elke skool ten minste vier skoolverrykingsaktiwiteite as deel van sy program sal insluit. Dit moet ten minste twee sportaktiwiteite insluit. IBB-bestuurders en skoolverrykingskoördineerders sal moniteer of skole aan hierdie vereiste voldoen. |
3. |
Prinsipale van skole word versoek om die insluiting van skoolverryking- en sportprogramme te bestuur in samewerking met die SBL. |
4. |
Die Verteenwoordigende leerderraad (VLR) kan gekoöpteer word om te help met die bestuur van die verrykte programme. |
5. |
Vir verdere inligting kan u u IBB-bestuurder, kringspanbestuurder of skoolverrykingskoördineerder by u distrikskantoor kontak. |
6. |
Bring asseblief die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van alle lede van u personeel. |
GETEKEN: J.H. LYNERS
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: INRIGTINGSONTWIKKELING EN-KOÖRDINERING
DATUM: 2012:02:08
|
|