1. |
Hierdie minuut vervang IBBB-minuut 0012/2009, en moet saamgelees word met die volgende:
- Omsendbrief 0067/2004, wat verwys na Personeeldiensstate en die vul van deeltydse kontrakposte vir BOOV
- IBBB-minuut 0003/2012, wat verwys na Interpretasie van ROKW’s vir opvoeders by gemeenskapsleersentrums
- Hoofstuk 5, artikel 5.10.2 van die Prosedurehandleiding vir sentrumbestuurders en terreinkoördineerders.
|
2. |
Die sentrumbeheerliggaam bepaal die vergoedingskale vir deeltydse opvoeders by gemeenskapsleersentrums |
3. |
Beheerliggame word daaraan herinner dat deeltydse opvoeders nie teen minder as 70% van die Personeeladministrasiemaatreëls (PAM) se tarief en nie teen meer as die PAM se tarief vergoed mag word nie. |
4. |
Die huidige PAM-tariewe is soos volg:
ROKW |
PAM-tarief per uur |
70% van PAM-tarief per uur |
10 |
R85.20 |
R59.64 |
12 |
R144.50 |
R101.15 |
13 |
R242.65 |
R169.86 |
|
5. |
U samewerking in hierdie verband sal hoog op prys gestel word. |
GETEKEN: J.H. LYNERS
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: INRIGTINGSONTWIKKELING-EN-KOÖRDINERING
DATUM: 2012:11:28
|
|