1. U aandag word gevestig op Eksamenadministrasieminuut 0002/2012 gedateer 14 Maart 2012 waar onderwysers, kurrikulumadviseurs en senior kurrikulumbeplanners uitgenooi word om aansoek te doen om betrekkings van interne moderatore, hoofnasieners, adjunkhoofnasieners en nasieners vir die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen (NSSeksamen) van November 2012 tot Maart 2014.
2. Neem asseblief kennis dat die sluitingsdatum vir aansoeke verander is na 2 Mei 2012.
3. Skoolhoofde word vriendelik versoek om te verseker dat die inhoud van hierdie minuut aan alle opvoeders bekend gemaak word.


GETEKEN: BK SCHREUDER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBESTUUR
DATUM: 2012:04:23