1. |
Die voorlopige lyste van voorgeskrewe en aanbevole boeke vir Literatuurstudie vir graad 7 tot 9 vir 2013 is ingesluit. |
2. |
Die lyste is opgestel met die doel om die nodigheid om nuwe boeke aan te koop te verminder, maar voorsiening is ook gemaak vir die invoer van nuwe titels.
|
3. |
U word uitgenooi om aanbevelings of kommentaar oor die aangeleentheid skriftelik in te dien teen nie later as 15:00 op 24 Augustus 2012. Die Voorgeskrewe Boekekomitees sal alle aanbevelings en kommentaar oorweeg en indien nodig, sal wysigings aangebring word voordat die finale lyste uitgereik word. |
4. |
Stuur u aanbevelings en/of kommentaar na een van die volgende adresse:
|
GETEKEN: BK SCHREUDER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBESTUUR
DATUM: 2012:08:07
|
|