1. |
Die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) sal los tapyte verskaf aan alle Kwintiel 1 en 2 skole om te help om onderwys- en leeraksie in die Grondslagfase te versterk. |
2. |
Die lys skole wat hierdie tapyte sal ontvang, is aangeheg. |
3. |
Elke onderwyser in elke klaskamer van graad 1 tot 3 sal 'n tapyt ontvang, wat daagliks vir groeponderwys gebruik moet word. Dit sal streng gemonitor word deur distriksbeamptes. |
4. |
Aflewering sal plaasvind tussen 14 en 31 Januarie 2013. |
5. |
By ontvangs van die besending moet die inhoud versigtig nagegaan word, die vragbrief gestempel en die tapyte op die skool se inventaris aangeteken word. Elke tapyt moet permanent gemerk word aan die onderkant met die skool se naam. |
6. |
Daar word van skole verwag om seker te maak dat die tapyte gereeld skoongemaak en versorg word, aangesien geen vervangings in die volgende 6 tot 10 jaar verwag kan word nie. Die herstel en vervanging van beskadigde tapyte sal die verantwoordelikheid van die skool wees. |
7. |
Hoofkantoor- en distrikskantoorbeamptes sal die aflewering, die gebruik, die onderhoud en die inventarisse monitor. |
8. |
Prinsipale word vriendelik versoek om die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van die skoolbestuurspan en die onderwysers wat daarby betrokke is, te bring. |
GETEKEN: BK SCHREUDER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBESTUUR
DATUM: 2012:12:07
|
|