1. |
Senior Fase-onderwysers moet georiënteer word met betrekking tot die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) in 2013. Die kursus vir onderwysers van graad 7 tot 9 sal hulle vertroud maak met die KABV soos dit van toepassing is op die nege Senior Fasevakke. |
2. |
Die Departement erken dat onderwysers in hoërskole meer geneig is om in een of twee vakke te spesialiseer as onderwysers in graad 7, wat dikwels 'n groter getal vakke onderrig. |
3. |
Om ons te help met ons beplanning is dit nodig om 'n opname te maak van die aantal onderwysers wat per vak benodig word. |
4. |
Hierdie Kurrikulumminuut versoek skole om op die SOBIS of i-SAMS aan te dui, hoeveel onderwysers per vak tans onderrig gee in die Senior Fase. 'n Opnamevorm vir hierdie doel is beskikbaar. Volg die onderstaande stappe: |
5. |
Op SOBIS
Stap 1: |
Log in op SOBIS met u skool se gebruikersnaam en kodewoord |
Stap 2: |
Kies die "Administration"-opsie op die kieslys |
Stap 3: |
Kies "KABV-oriëntering" |
Stap 4: |
Voltooi die opnamevorm |
Stap 5: |
Wanneer u seker gemaak het dat u opname volledig voltooi is, kliek op SAVE. |
Op i-SAMS
Stap 1: |
Log in op i-SAMS met u skool se gebruikersnaam en kodewoord |
Stap 2: |
'n Skakel sal beskikbaar wees op die tuisblad |
Stap 3: |
Kliek op die skakel om u terug te verwys na die opnamebladsy |
Stap 4: |
Voltooi die opnamevorm |
Stap 5: |
Wanneer u seker gemaak het dat u opname volledig voltooi is, kliek op SAVE. |
|
6. |
Die opnamevorm moet teen 12:00 op 31 Oktober 2012 onderteken word. |
7. |
Skoolhoofde en distriksdirekteurs word vriendelik versoek om hierdie minuut onder die aandag van alle personeel te bring. |
GETEKEN: BK SCHREUDER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBESTUUR
DATUM: 2012:10:22
|
|