1. |
Die Wes-Kaap Onderwysdepartement het ‘n DVD gemaak om onderwysers van graad 10 by te staan met die opstel van take vir skoolgebaseerde assessering. |
2. |
Behalwe vir die tale, is al die voorbeelde in Engels en Afrikaans opgestel. |
3. |
Kopieë van die DVD sal aan distrikskantore gestuur word wat dit dan onder skole sal versprei. |
4. |
Prinsipale word versoek om die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van alle graad 10-vakonderwysers te bring. |
GETEKEN: BK SCHREUDER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBESTUUR
DATUM: 2012:05:25
|
|