1. |
Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooide Rekenmeesters (SAIOR), in samewerking met die Universiteit van Stellenbosch (US) en die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) nooi Rekeningkunde-onderwysers uit na ‘n onderwyserverrykingsprogram. |
2. |
Dosente van die US sal die program aanbied, via die WKOD Telematika Onderwysprojek, by skole soos gelys in die aangehegte Bylae C. |
3. |
Daar sal ses eenuur-sessies wees wat elk óf 15:00 óf 16:00 op Dinsdagmiddae sal begin. Die sessies sal verskillende belangrike areas van die Rekeningkunde kurrikulum dek, en sal in beide Engels en Afrikaans aangebied word soos aangedui in Bylae B. |
4. |
Alle Rekeningkunde-onderwysers word uitgenooi om vir hierdie program te registreer en sal al die sessies by daardie lokaal moet bywoon wat die naaste is aan die skool waar hulle onderrig gee. |
5. |
Rekeningkunde-onderwysers wat vir hierdie kursus wil registreer, moet die aangehegte antwoordstrokie invul (Bylae A) en teen 5de Maart 2012 e-pos na die programkoördineerder, me Betty Abrahams, by bettya@saica.co.za of dit na haar faks by 011 621 6782. |
6. |
By die voltooiing van die ses sessies, sal alle deelnemers ‘n sertifikaat vir deelname aan hierdie onderwyserverrykingsprogram ontvang.
|
7. |
Enige navrae oor die program kan gerig word aan Ellane van Wyk by e-posadres erau@sun.ac.za of tel. no 021 808 3438 of Glynis Schreuder by eposadres Glynis.Schreuder@pgwc.gov.za of tel no 021 467 2576. Onderwysers kan ook verdere inligting verkry van die kurrikulumadviseur van hulle distrik.
|
8. |
Prinsipale word versoek om die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van alle Rekeningkunde-onderwysers te bring. |
GETEKEN: BK SCHREUDER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBESTUUR
DATUM: 2012:02:21
|
|