1. |
Die Wes-Kaap Onderwysdepartement het 'n boekie, genaamd Wenke vir Sukses, voorberei vir elkeen van die Wes-Kaapse kandidate vir die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) 2013. Dit sal hulle help met voorbereiding op die eksamen. Die boekie verskaf studiewenke, eksamenwenke, die konsep-eksamenrooster, beursinligting, wenke vir sukses en ander nuttige inligting. |
2. |
Die bedoeling is dat die boekie aan elke graad 12-leerder gegee moet word tydens Januarie 2013. |
3. |
Behalwe die boekies vir kandidate, sal addisionele boekies per skool ingesluit word vir elke onderwyser van graad 12-vakke. Die boekies sal teen 20 Januarie 2013 deur distriksbeamptes by alle hoërskole afgelewer word. |
4. |
Die prinsipaal, of 'n gedelegeerde personeellid, sal ontvangs van die boekies moet erken nadat gekontroleer is dat die getal boekies wat afgelewer is, ooreenstem met die meegaande SOBIS-lys. Let daarop dat die getalle geskat is volgens die getal graad 11-leerders in 2012. Die persoon wat die boekies in ontvangs neem, moet die volgende inligting op die vorm wat daarmee saamgaan, verskaf:
- Sy of haar naam en handtekening
- Die naam en adres van die skool
- Die skoolstempel
- Die afleweringsdatum
- Die getal boekies ontvang in Engels en/of Afrikaans vir NSS-kandidate
- Die getal boekies wat vir graad 12-onderwysers ontvang is.
Een afskrif van die vorm moet deur die skool gehou word en die oorspronklike moet terugbesorg word aan die distrikskantoor vir die aandag van die hoofkurrikulumadviseur.
|
5. |
Indien die getal boekies wat by die skool afgelewer is, verkeerd is, skakel asseblief met u distrikskantoor. Oortollige boekies moet aan die distrikskantoor terugbesorg word. |
6. |
Indien hierdie boekies die verlangde effek moet hê om kandidate te help met hulle eksamenvoorbereidings, is dit dringend noodsaaklik dat onderwysers die inhoud van die boekie met hulle graad 12-klasse bespreek en kandidate aanmoedig om dit te lees en te gebruik. |
7. |
Vorige eksamenvraestelle en nasienmemorandums kan verkry word by http://wced.school.za. |
8. |
Bring asseblief die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van alle lede van u personeel. |
GETEKEN: BK SCHREUDER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBESTUUR
DATUM: 2012:12:07
|
|