1. |
Die Wes-Kaap Onderwysdepartement het 'n DVD gemaak om onderwysers by te staan met die opstel van skoolgebaseerde assesseringstake vir graad 11. |
2. |
Behalwe vir die tale, is al die voorbeelde in Engels en Afrikaans opgestel. |
3. |
Kopieë van die DVD is aan distrikskantore gestuur wat dit dan onder skole sal versprei.
|
4. |
Prinsipale word versoek om die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van alle graad 11-vakonderwysers te bring.
|
GETEKEN: BK SCHREUDER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBESTUUR
DATUM: 2012:11:29
|
|