1. Die Departement van Basiese Onderwys het Omsendbrief E18 van 2012 oor letterkunde voorgeskryf vir die Senior Sertifikaat (Verslag 550) taaleksamen in 2013 en 2014 uitgereik. Omsendbrief E18 van 2012 vervang Omsendbrief E13 van 2012.

2. Omsendbrief E18 meld dat kandidate wat die Senior Sertifikaat-eksamen (Verslag 550) in 2013 en 2014 sal skryf, eksamen sal skryf oor die letterkunde wat vir die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen voorgeskryf is.

3. Die lys voorgeskrewe letterkunde en inligting oor die formaat van elke Letterkundevraestel is aangeheg as Bylae A en B onderskeidelik.

4. Die getal voorgeskrewe werke is soos volg aangepas:
4.1 Eerste Taal Hoër Graad en Standaard Graad (al 3 genres moet bestudeer word):

  • 4 Gedigte
  • 2 Dramas (Kies een)
  • 2 Romans (Kies een)
4.2 Tweede Taal Hoër Graad en Standaard Graad (enige 2 van die 4 genres moet bestudeer word):

  • 4 Gedigte
  • 2 Dramas (Kies een)
  • 2 Romans (Kies een)
  • 4 Kortverhale
5. Vanaf 2013 sal al die Letterkunde-vraestelle (Vraestel 2) deur die Departement van Basiese Onderwys opgestel word.

6. Die 2013 en 2014 Senior Sertifikaat-eksamen sal gebaseer word op die voorgeskrewe werke soos gelys in die aangehegte Bylae A.

7. Bring asseblief die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van alle taalonderwysers verantwoordelik vir die voorbereiding van kandidate vir die Senior Sertifikaat-eksamen (Verslag 550).


GETEKEN: BK SCHREUDER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBESTUUR
DATUM: 2012:10:18

Bylae A: "List of prescribed set works"  (grootte: 84 KB)
Bylae B: Inligting oor die formaat van die letterkundevraestel  (grootte: 31 KB)