1. |
Hierdie minuut moet saamgelees word met Die Nasionale Beleid oor Assessering en Kwalifikasies vir Skole in die AOO-band (Staatskoerant No. 29626 van 2007) wat die vereistes vir vordering in graad R tot 8, asook bevordering in graad 9 bepaal. |
2. |
Die huidige vordering en bevorderingsvereistes, soos gestipuleer in die Staatskoerant No. 29626 sal in graad 9 in 2012 gebruik word. |
3. |
Skole in die Wes-Kaap sal voortgaan met hulle interne programme van assessering en hulle eie interne eksamens afneem in alle leerareas in graad 9. |
4. |
Die interne eksamens vir graad 9 wat in die 4de kwartaal afgeneem sal word, moet 25% van die totale punt vir elke leerarea uitmaak. |
5. |
Die res van die formele assesserings in graad 9 sal 75 % van die finale bevorderingspunt vir elke vak uitmaak. |
6. |
Die graad 9-bevorderingskedule vir 2012 is nou beskikbaar op die Sentrale onderwysbestuursinligtingstelsel (SOBIS), onder die opskrif "Verslae". |
7. |
Soos die gebruik in die verlede was, moet skole „n elektroniese kopie van die graad 9-bevorderingskedule teen 7 Desember 2012 aan hulle onderwysdistrikskantoor voorlê. Onderwysdistrikskantore moet teen 13 Desember 2012 „n CD wat al hulle skole se punteskedules bevat aan die Direktoraat: Assesseringsbestuur voorlê. |
8. |
Bring asseblief die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van al die betrokke onderwysers en ouers. |
GETEKEN: BK SCHREUDER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBESTUUR
DATUM: 2012:03:14
|
|