1. |
Die Kaapse Onderwys-en-Leierskapinstituut (KOLI) nooi alle prinsipale uit om vir hierdie konferensie te registreer as aanbieders of as deelnemers. |
2. |
Doel
Die doel van hierdie konferensie is om idees, beste praktyk en ervaring te deel aangaande die bestuur en leierskap van 'n presterende skool.
|
3. |
Datum, tyd en lokaal
Die konferensie sal plaasvind op Donderdag, 4 Oktober 2012, van 08:00 tot 16:00 en op Vrydag, 5 Oktober 2012, van 08:00 tot 14:00, by die Kaapse Onderwysen-Leierskapinstituut, Nooiensfonteinweg, Kuilsrivier.
|
4. |
Inligting vir aanbieders |
4.1 |
Aanbieders wat geïnteresseerd is om 'n referaat of 'n "beste praktyk"-werkswinkel by die konferensie aan te bied, moet deur die volgende gelei word: |
4.1.1 |
Deelnemers aan die konferensie moet by die werkswinkel betrek word. |
4.1.2 |
Die uur van die aanbieding: 60 minute. Laat 5 tot 10 minute toe vir groepbesprekings of vrae. |
4.1.3 |
Lokale sal draagbare tafels en stoele, 'n dataprojektor, 'n oorhoofse projektor, 'n witbord en blaaibordstaander met papier hê.
|
4.1.4 |
Alle gedrukte materiaal moet getik en op 'n laserdrukker gedruk word, indien moontlik. Die WKOD sal die materiaal dupliseer.
|
4.1.5 |
'n Inligtingsessie vir alle aanbieders wat vir die program gekies is, sal plaasvind op Donderdag, 30 Augustus 2012.
|
4.2 |
Indien u belang stel om 'n item aan te bied op 4 en 5 Oktober 2012, vul asseblief die aangehegte Bylae A in en stuur dit terug aan mnr A Lamprecht by e-posadres alamprec@pgwc.gov.za of faksnommer 021 900 5175/5027/5162 teen Vrydag, 24 Augustus 2012.
|
5. |
Inligting vir deelnemers |
5.1 |
Onderwysers wat nie hulle beste praktyk van hulle skole wil deel nie, maar wat die konferensie wil bywoon, word versoek om Bylae B in te vul. |
5.2 |
Die voltooide Bylae B moet terugbesorg word aan mnr A lamprecht by e-posadres alamprec@pgwc.gov.za of faksnommer 021 900 5175/5027/5162 teen Vrydag, 7 September 2012. |
5.3 |
Registrasie sal sluit sodra die eerste 300 deelnemers geregistreer het. |
5.4 |
Die konferensieprogram sal voltallige besprekings en parallelle sessies insluit. Prinsipale wat vir die konferensie registreer sal teen Vrydag, 21 September 2012 besonderhede van die konferensieprogram ontvang. |
6.1 |
Deelnemers wat meer as 120 km per retoer moet aflê, kan in die hostel van die Kaapse Onderwys-en-Leierskapinstituut oorbly op Woensdagnag, 3 Oktober en Donderdagnag, 4 Oktober 2012. |
6.2 |
Akkommodasie by die KOLI-hostelle sal deur die WKOD betaal word. |
6.3 |
Reiskoste sal nie deur die WKOD gedek word nie. |
6.4 |
Die WKOD vertrou dat hierdie konferensie 'n verrykende ervaring vir alle prinsipale wat dit bywoon sal wees. |
6.5 |
Bring asseblief die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van alle betrokkenes. |
GETEKEN: BK SCHREUDER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBESTUUR
DATUM: 2012:07:17
|
|