1. |
Die Kaapse Onderwys-en-Leierskapinstituut (KOLI), in samewerking met Woolworths, nooi alle prinsipale uit om vir die bogenoemde seminaar in te skryf. |
2. |
Aanbieders en onderwerpe |
2.1 |
Simon Susman: Voorsitter: Woolworths Holdings Beperk (Nie-uitvoerend) - Leierskap |
2.2 |
Sam Ngumeni: Hoofoperasionele beampte, Woolworths – Onderwys vir die werklplek |
2.3 |
Braam Malherbe: Gasspreker |
3. |
Datum, tyd en lokaal
Die seminaar sal plaasvind op Saterdag, 4 Augustus 2012, van 08:00 tot 14:00 by die Kaapse Onderwys-en-leierskapinstituut, Nooiensfonteinweg, Kuilsrivier.
|
4. |
Inligting vir deelnemers |
4.1 |
Prinsipale wat die seminaar wil bywoon word versoek om die aangehegte Bylae A te voltooi |
4.2 |
Die voltooide Bylae A moet terugbesorg word aan mnr A Lamprecht by e-posadres alamprec@pgwc.gov.za of faksno. 021 900 5013/5175 teen Vrydag, 15 Junie 2012. |
4.3 |
Registrasie sal sluit sodra die eerste 200 deelnemers geregistreer het. |
4.4 |
Die seminaarprogram sal op Vrydag, 20 Julie 2012 aan alle geregistreerde deelnemers ge-e-pos word. |
5.1 |
Deelnemers wat meer as 120 km per retoerreis aflê, kan vernag in die KOLI-hostel op die nag van Vrydag, 3 Augustus 2012. |
5.2 |
Akkommodasie by die KOLI-hostelle sal deur die WKOD gedek word. |
5.3 |
Reiskoste sal nie deur die WKOD gedek word nie. |
5.4 |
Die WKOD vertrou dat hierdie seminaar 'n verrykende ervaring vir alle prinsipale sal wees wat dit bywoon. Die Woolworths-handelsmerk word verbind met gehalte, en hierdie seminaar is deel van Woolworths se verbintenis tot die onderwys. |
GETEKEN: BK SCHREUDER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBESTUUR
DATUM: 2012:05:22
|
|