Konferensietema |
Onderrig, pas toe en leef lees en skryf |
Datum |
26 en 27 Maart 2012 |
Plek: |
Kaapse Onderwys-en-Leierskapsinstituut, Nooiensfonteinweg, Kuilsrivier |
Tye: |
26 Maart: 08:00 - 16:00 27 Maart: 08:00 - 14:30 |
Wie dit moet bywoon |
Graad R- tot 9-onderwysers |
1. |
Uitnodiging
Die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) nooi die volgende persone uit:
- Skoolhoofde, praktiserende en afgetrede onderwysers van graad R tot 9, kurrikulumadviseurs en verteenwoordigers van nie-regeringsorganisasies en tersiêre onderwys om lesings, aanbiedings of uitstallings aan te bied by die bogenoemde konferensie; en
- Graad R- tot 9-onderwysers wat aan die konferensie sal deelneem.
|
2. |
Doelstellings
Die doelstellings van die konferensie is om idees, beste praktyk en ervaring aangaande die liefde vir lees en skryf, verskillende benaderings tot lees- en skryfonderrig, intervensiestrategieë vir diegene wat swak lees en skryf en die bestuur van 'n leesskool met mekaar te deel.
|
3. |
Inligting vir aanbieders |
3.1 |
Verskillende soort aanbiedings word ingewag:
- DVD-sessie
- Vraestel
- Demonstrasieles
- Uitstalling
- Werkswinkelsessies oor lees en skryf (praktiese aktiwiteite)
|
3.2 |
Persone wat belangstel om 'n lesing aan te bied, 'n les te demonstreer of 'n werkswinkel aan te bied by die konferensie word versoek om op die volgende te let:
- Ons benodig die volgende inligting van u:
- Die titel van u aanbieding
- 'n Kort beskrywing van die inhoud daarvan (maksimum een bladsy)
- Die vorm wat u aanbieding sal aanneem (sien par. 3.1)
- Deelnemers aan die konferensie moet by die aanbieding betrek word.
- Duur van die aanbieding: 60 minute. Laat 5 tot 10 minute toe vir groepbesprekings of vrae.
- Lokale sal draagbare tafels en stoele, 'n dataprojektor, 'n oorhoofse projektor, 'n witbord en staande blaaibord met papier hê.
|
3.3 |
Indien u geïnteresseerd is om 'n item aan te bied by die konferensie, voltooi asseblief die aangehegte Bylae A en e-pos dit aan Magdalena Benn by mabenn@pgwc.gov.za of Gaynor Matthews by gmatthew@pgwc.gov.za of faks dit aan 021 900 5175 / 5027 / 5162 teen 10 February 2012. |
4. |
Inligting vir deelnemers |
4.1 |
Onderwysers wat die konferensie as deelnemers wil bywoon, word versoek om hulle besonderhede in te vul op die skoollys van Bylae B. |
4.2 |
Die voltooide Bylae B moet teruggestuur word aan Gaynor Matthews by e-posadres gmatthew@pgwc.gov.za of faksnommer 021 900 5175 / 5027/ 5162. |
4.3 |
Registrasie sal sluit sodra die eerste 600 deelnemers geregistreer het. Registrasie sal plaasvind op 'n eerste-daar-eerste-klaar-grondslag. Maak dus seker dat u so vroeg as moontlik registreer. |
4.4 |
Die konferensieprogram sal 'n breë paneelbespreking en parallelle sessies insluit wat deur deelnemers aangebied word. Skole wat vir die konferensie registreer, sal telefonies bevestiging ontvang teen 16 Maart 2012. |
5. |
Logistieke
Deelnemers of aanbieders uit die landelike onderwysdistrikte wat meer as 120 km retoer aflê, kan in die Kaapse Onderwys-en-leierskapinstituut se koshuis oornag op Sondagnag, 25 Maart en Maandagnag, 26 Maart 2012. Akkommodasie sal deur die WKOD betaal word. Deelnemers reis op eie onkoste.
|
6. |
'n Inligtingsessie vir alle aanbieders wat vir die program gekies is, sal op 15 Februarie 2012 om 14:00 by die KOLI gehou word te Nooiensfonteinweg, Kuilsrivier. |
7. |
Die WKOD hoop dat hierdie konferensie 'n verrykende ervaring sal wees vir alle onderwysers van lees en skryf wat die konferensie bywoon |
GETEKEN: BK SCHREUDER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBESTUUR
DATUM: 2012:02:01
|
|