1. |
Die PRWK sal na sy eie virtuele privaat netwerk (VPN) oorbeweeg in Augustus 2011 om nie nodig te hê om nasionaal te kompeteer vir bronne met ander regeringsdepartemente nie. |
2. |
'n Ander voordeel van die VPN, waarvan die eerste fase voltooi is, is dat alle PRWK-webtuistes 'n toegewysde ruimte sal hê, wat sal lei tot vinniger webtoegang. |
3. |
Die domein sal egter van naam verander van wcape na pgwc. Byvoorbeeld: cemis.wcape.gov.za sal verander na cemis.pgwc.gov.za en lms.wcape.gov.za sal verander na lms.pgwc.gov.za |
4. |
U word aangeraai om alle favourites en desktop icons ooreenkomstig te verander. Die wcape-domein is nog steeds aktief, maar sal nie meer bestaan na 31 Julie 2011 nie. |
5. |
Die wced-aanlyn-webtuiste is voorlopig vrygestel van hierdie implementering aangesien DotP (Ce-l) steeds besig is om die implikasies te herevalueer. Die verskuiwing van hierdie webtuiste na die nuwe domein sal binne die volgende ses maande plaasvind. |
6. |
'n Boodskap sal op die voorste skerm van elke sleutelstelsel, soos CEMIS, verskyn om alle gebruikers in te lig van bogenoemde veranderinge. |
7. |
Vir verdere navrae, kontak asseblief die persoon wat in die briefhoof hierbo genoem word. |
GETEKEN: MM HARKER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: ONDERWYSBEPLANNING
DATUM: 2011:07:13
|
|