2. |
Die Departement van Basiese Onderwys (DBO) het onlangs 'n bylae tot die Nasionale Katalogus vir KABV graad 10 vrygestel:
- Landboubestuurspraktyke
- Siviele Tegnologie
- Dansstudies
- Musiek
Let asseblief daarop dat geen handboek vir Landboutegnologie goedgekeur is nie.
|
3. |
'n Elektroniese weergawe van die Bylae tot die Nasionale Katalogus (Bylae A) van goedgekeurde graad 10 KABV-handboeke, ontwikkel deur die nasionale Departement van Basiese Onderwys (DBO) is aangeheg. Slegs boeke in hierdie katalogus sal deur die WKOD vir graad 10-leerders aangekoop word. |
4. |
Die geoutomatiseerde aanvraagstelsel sal vanaf 5 Januarie 2012 open slegs vir skole wat goedkeuring ontvang het om hierdie vakke in 2012 aan te bied. |
5. |
Skole moet
- hulle handboeke kies vir elke graad 10-vak op hulle goedgekeurde VOO-kurrikulum;
- aandui die getal handboeke en onderwysergidse wat per titel benodig word, gebaseer op die geprojekteerde leerderinskrywing en taal per vak vir 2012;
- hulle handboekseleksie vaslê op die geoutomatiseerde handboekrekwisisievorm op SOBIS teen nie later nie as 16:00 op Woensdag 11 January 2012 deur die stappe hieronder te volg:
Stap 1: Log in op SOBIS.
Stap 2: Kies die "Administration"-opsie op die kieslys.
Stap 3: Kliek op "CAPS GR 10 Order" op die aftuimelblokkie.
Stap 4: Kliek op "GR 10".
Stap 5: Kies 'n onderwerp van die aftuimelblokkie.
Stap 6: Sleutel in die getal handboeke en onderwysersgidse langs u gekose handboektitel vir hierdie vak.
Stap 7: Kliek op "SUBMIT".
Stap 8: Herhaal stappe 5 - 7 hierbo vir elke graad 10-vak in die skool se goedgekeurde VOO-kurrikulum.
Stap 9: sodra u tevrede is met u handboekbestelling, voltooi die aftekenskerm en kliek "SAVE".
- Raadpleeg die SOBIS Gebruikersgids (Bylae B), beskikbaar op die SOBIS "Administration"-opsie, vir duidelike, stap-vir-stap instruksies; en
- kontak Zandre Kleinschmidt by tel.no. 021 467 2204 of Lucia Bredenkamp by tel.no. 021 467 2129, indien bystand verleen word.
|
6.1 |
Skole moet daarop let dat die handboek vir leerders en die onderwysersgids slegs in Engels beskikbaar is. Bestellings sal vir alle leerders geplaas word. |
6.2 |
Skole word egter aangeraai om die leerder se TLO vir toekomstige verwysing aan te dui. |
6.3 |
Die WKOD sal die vertaling van die leermateriaal in 2012 ondersoek. |
7. |
Bring asseblief die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van al u onderwyspersoneel. |
GETEKEN: MM HARKER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: ONDERWYSBEPLANNING
DATUM: 2011:12:20
|
|