1. |
In 2012 sal die nasionale Departement van Basiese Onderrig (DBO) leerders van openbare skole voorsien van werkboeke vir die vakke en grade soos in die tabel hieronder aangedui:
FASE |
GRADE |
VAKKE |
Grondslagfase |
R |
Een werkboek wat oefeninge vir Geletterdheid, Syfervaardigheid en Lewensvaardighede bevat. Werkboeke in die taal van leer en onderrig. |
Grondslagfase |
1-3 |
Huistaal (HT), (Afrikaans, Engels, Sotho, Tswana, Xhosa) |
Grondslagfase |
1-3 |
Wiskunde (Afrikaans en Engels) |
Grondslagfase |
1-3 |
Eerste Addisionele Taal Engels (vir Afrikaans en Xhosa HT leerders) |
Intermediêre Fase |
4-6 |
Huistaal, (Afrikaans, Engels, Sotho, Tswana, Xhosa) |
Intermediêre Fase |
4-6 |
Wiskunde (Afrikaans en Engels) |
Intermediêre Fase |
4-6 |
Eerste Addisionele Taal Engels (vir Afrikaans en Xhosa HT-leerders) |
Senior Fase |
7-9 |
Wiskunde (Afrikaans en Engels) |
Verdere Onderwys en Opleidingsfase (VOO-fase) |
11 en 12 |
Wiskunde |
VOO-fase |
11 en 12 |
Fisiese Wetenskappe |
|
2. |
Addisioneel tot die graad 10-KABV-handboekbestellings, sal aan graad 10-leerders wat Fisiese Wetenskappe en Wiskunde bestudeer 'n aanvullende handboek vir hierdie vakke verskaf word. |
3.1 |
die aangehegte tabelle gebruik (Bylae A) na raadpleging van die betrokke skoolbeamptes, om te besluit oor die aantal werkboeke wat vir leerders en onderwysers aangevra sal word; en |
3.2 |
die geprojekteerde totale getal werkboeke wat per graad, per taal en per vak benodig word, insleutel deur die proses te volg wat hieronder uiteengesit word
- Log aan op SOBIS.
- Kies die "Administration"-opsie op die kieslys.
- Kies die toepaslike fase (Graad R, Grondslagfase, Intermediêre Fase, Senior Fase of VOO-fase).
- Tik in die getal werkboeke per taal en per graad soos deur u skool vir 2012 benodig.
- Kliek "Submit" om u bestelling per fase te bewaar. Wanneer u op "Submit" kliek, sal u na die hoofkieslys terugkeer.
- Gaan voort deur die volgende toepaslike fase te kies.
- Let op dat 'n SOBIS-projeksie per graad, taal, en vak verskaf is.
- Die prinsipaal moet die saamgestelde werkboekbestelling afteken deur die "Sign off"-opsie te kies op die hoofkieslys en die aftekenblad te voltooi. Prinsipale moet hulle werkboekbestellings op SOBIS afteken nie later nie as 16:00 op Donderdag, 20 Oktober 2011.
- Indien enige verdere bystand benodig word, kontak Zandre Kleinschmidt by tel.no. 021 467 2204 of Brian le Keur by tel. no. 021 467 2094.
|
4. |
Sodra u u werkboekbestelling afgeteken het, sal u IBB-bestuurder die SOBIS-bestelling van u skool verifieer en goedkeur. |
5. |
Die inligting wat deur die skool verskaf word, sal gebruik word om u skool se werkboekbestelling vir 2012 te finaliseer. |
6. |
Die DBO het aangedui dat werkboeke (Volume 1) by skole afgelewer sal word teen die einde van Januarie 2012. |
7. |
Skole word aangeraai om die inligting so spoedig moontlik te verskaf en nie te wag tot op die laaste beskikbare dag voor hulle dit inlog op SOBIS nie. |
GETEKEN: MM HARKER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: ONDERWYSBEPLANNING
DATUM: 2011:10:13
|
|