1. |
Omsendbrief 0006/2011 (van 2011-03-25) het skole ingelig aangaande die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) se voorneme om Grondslagfase-leerders te voorsien van 'n handboek per leerder vir elk van die volgende vakke: Huistaal, Eerste Addisionele Taal, Wiskunde en Lewensvaardighede. |
2. |
As gevolg van 'n vertraging in die ontwikkeling van die Nasionale Grondslagfase-katalogus, het die WKOD sy voorsieningsplan vir graad 1 - 3 gewysig. |
3. |
Gedurende 2011 sal die WKOD se gewone en spesiale openbare skole met graad 1 - 3-leerders die volgende hulpbronne ontvang:
- Graad 1 Study and Master Mathematics-leerderboeke en onderwysersgidse, uitgegee deur Cambridge University Press. (Skole het Wiskunde handboeke ontvang vir graad 2 en 3 en moet dit behou vir voortgesette gebruik.)
- Fase 4-skole op die Geletterdheid- en Gesyferdheid-intervensie sal Huistalleesskemas, gepubliseer deur Oxford University Press (Engels en Afrikaans) en Nasou Via Africa (Xhosa) ontvang.
- Graad 1 - 3-klasse sal Eerste Addisionele Taal Leesskemas, uitgegee deur Reading Matters, ontvang.
|
4. |
In Januarie 2012 sal die nasionale Departement van Basiese Onderwys (DBO) Grondslagfaseleerders voorsien van werkboeke in Huistaal, Eerste Addisionele Taal (Engels) Wiskunde en Lewensvaardighede. |
5. |
'n Elektroniese weergawe van die goedgekeurde Nasionale Katalogus van Grondslagfasehulpbronne, uitgegee deur die DBO, is aangeheg. Skole mag dalk hulle Norme-en-standaardebefondsing wil gebruik om hulle Grondslagfasehulpbronne vir 2012 aan te vul. |
6. |
Indien nie-artikel 21-skole graag hulpbronne wil aankoop wat op die nasionale katalogus van Grondslagfasehulpbronne se lys verskyn, moet hulle hulle bestellings voorlê aan die LOOM-bestelkantoor nie later nie as 14 Oktober 2011. |
GETEKEN: MM HARKER
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2011:09:22
|
|