1. |
Hierdie minuut dien as 'n kennisgewing aan alle skole van die Wes-Kaap Onderwysdepartement om hulle skoolgebeurlikheidsplan te hersien en voor te lê. |
2. |
Ingevolge Staatskennisgewing 22754 (No. 1040) en die Wet op Beroepsveiligheid en Gesondheid moet skole oor 'n veiligheidsplan beskik wat die volgende moet insluit:
- Beleidstelling
- Algemene bou-inligting
- Ligging, aard van besigheid, getal werknemers, beheerkamer
- Terreinplan
- Uitleg van skoolgeboue en paaie
- Vloerplan
- Vloerplan van gebou(e), met aanduiding van nooduitgange en area waarvoor elke noodbeampte verantwoordelik is.
- Vloerplan van die gebou(e), wat brandblussers, eerstehulptoerusting, nooduitgange en gevaarlike materiaal aandui
- Lede van die noodbestuur
- Name, verpligtinge en kontaknommers
- Dreigemente en moontlike gevolge en tempering
- Noodresponsprosedures vir verskillende gebeurlikhede
- Stakings en wegblyaksies
- Bomdreigemente
- Vloede
- Bendes
- Brand, ens.
- Rolle en verantwoordelikhede van noodspanlede
- 'n Lys van alle telefoonnommers
|
3. |
Hierdie skoolgebeurlikheidsplan moet deel vorm van die skoolverbeteringsplan. |
4. |
Skole word versoek om hulle hersiene gebeurlikheidsplanne voor te lê aan hulle Veiligeskole-distrikskoördineerder teen 31Oktober 2011. |
5. |
Indien u bystand benodig, kontak asseblief u Distrik se Veiligeskolekoördineerder, of Oscar Apollis of Nariman Khan by tel. 021 467 9367/ 2597/ 2790 |
6. |
Aangeheg is 'n profielvorm wat u sal help met die opstel of hersiening van u skool se gebeurlikheidsplan. |
GETEKEN: PA VINJEVOLD
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2011:09:05
|
|