1. |
Goedkeuring is verleen om die Mei/Junie Senior Sertifikaat-eksamen te verleng tot 2014 (Staatskoerant No. 34401, Vol. 552, van 28 Junie 2011). |
2. |
Die volgende twee kategorieë van kandidate mag registreer vir die verlengde Senior Sertifikaat-eksamen vanaf Mei/Junie 2012. In alle gevalle moet bewyse van uitslae van vorige matriek-eksamens ingedien word.
KATEGORIE 1:
- Kandidate wat onsuksesvol was in die Senior Sertifikaat-eksamen van 2007 en vroeër;
- Deeltydse kandidate wat alreeds ingeskryf het vir die Senior Sertifikaat-eksamen;
- Kandidate wat graad 11 in vorige jare geslaag het; en
KATEGORIE 2:
Volwasse kandidate wat 21 jaar en ouer is en wat nie vantevore vir die Senior Sertifikaat-eksamen ingeskryf het nie, mag vir die eksamens registreer op voorwaarde dat hulle aan die volgende vereistes voldoen, naamlik:
- Onderneem om die Senior Sertifikaat in die volgende twee tot drie jaar te voltooi;
- Mag alleenlik vir 2012 registreer (NOTA: Hierdie kandidate het tot 2014 om hulle Senior Sertifikaat te behaal;
- Moet 21 jaar en ouer wees;
- Hulle moet 'n motivering verskaf aan die Departementshoof waarom hulle toegelaat moet word om in te skryf; en
- Goedkeuring moet deur die Departementshoof verleen word.
|
3. |
In 2013 en 2014 mag slegs kandidate vir die eksamens inskryf wat reeds Senior Sertifikaat vakke afgelê het. |
4. |
Kandidate sal toegelaat word om in te skryf slegs vir daardie vakke wat op die aangehegte inskrywingsvorm verskyn. Die sluitingsdatum vir die indiening van die Senior Sertifikaat-inskrywings is 30 November 2011. |
5. |
U word vriendelik versoek om die inhoud van hierdie omsendminuut onder die aandag van alle belanghebbendes te bring. |
GETEKEN: T SINGH
WNDE ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBESTUUR
DATUM: 2011:08:17
|
|