1. |
In 'n poging om doeltreffende onderwys en leer in die klaskamer te steun, het die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) 'n "Study and Master" Gesyferdheidhandboek en onderwysersgids aan alle graad 2- en 3-leerders en onderwysers in openbare primêre skole voorsien. |
2. |
Die onderwysersgidse en handboeke is uitgereik in die skool se taal van leer en onderrig.
|
3. |
Elke skool se Grondslagfase-bestuurspan moet seker maak dat die Gesyferdheidhandboeke daagliks gebruik word vir onderrigtyd en huiswerkdoeleindes.
|
4. |
Die handboeke moet gebruik word saam met die WKOD se werkskedules, die werk boeke en lesplanne van die nasionale Departement van Basiese Onderwys. |
5. |
Die handboeke moet versigtig hanteer word en in die skool se inventaris opgeneem word. |
7. |
VKO- en GF-kurrikulumadviseurs sal bystand verleen aan onderwysers met die gebruik van hierdie boeke, sou skole dit benodig. |
8. |
Prinsipale word versoek om die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van die skoolbestuurspan en die betrokke onderwysers te bring.
|
GETEKEN: BK SCHREUDER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBESTUUR
DATUM: 2011:04:28
|
|