1. |
Die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) sal boeke verskaf aan alle Xhosa- en Afrikaans-medium skole wat betrokke is by Fase 1 van die Geletterdheid/Gesyferdheidintervensie. |
2. |
Elke onderwyser/klaskamer van graad 1 tot 6 sal van 'n wiskundestel voorsien word. Dit sal 'n verskeidenheid manipulasies bevat wat geskik is vir Wiskunde-onderrig. |
3. |
By ontvangs van die goedere, moet die inhoud versigtig nagegaan word, gestempel, en in die skool se inventaris opgeteken word. |
4. |
Onderwysers en leerders word aangemoedig om hulleself vertroud te maak met die inhoud van hierdie stelle en dit te gebruik om die onderrig van Wiskunde te bevorder. |
5. |
Die aangehegte Bylae A bevat 'n lys van die inhoud van elke stel wat verskaf is vir die Grondslag- en Intermediêre Fase. |
6. |
Prinsipale moet seker maak dat 'n inventaris gehou word van al die bronne wat deur die WKOD verskaf is en dat 'n streng herwinningsbeleid gevolg word. |
7. |
Skole word versoek om seker te maak dat die wiskundestelle met sorg gebruik en bestuur word, aangesien niks vir die volgende 3 tot 5 jaar vervang sal word nie. Die herstel en vervanging van beskadigde komponente sal die verantwoordelikheid van die skool wees. |
8. |
Terwyl aflewering sal geskied vanaf Februarie 2011 verder aan, sal bystand aan onderwysers met die gebruik van hierdie stelle verskaf word wanneer opleiers van die Wiskundesentrum en/of distriksbeamptes by skole besoek aflê. Daar word verwag dat die stelle onbeskadig en in goeie toestand sal wees wanneer die bystand verleen word. |
9. |
Prinsipale word vriendelik versoek om die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van die betrokke skoolbestuurspan en onderwysers te bring. |
GETEKEN: SM NAICKER
HOOFDIREKTEUR: KURRIKULUMONTWIKKELING
DATUM: 2011:03:31
|
|