1. |
Die voorlopige lyste van voorgeskrewe en aanbevole boeke vir literatuurstudie vir Graad 7 tot 11 vir 2012 is ingesluit. |
2. |
Die lyste is opgestel met die doel om die nodigheid om nuwe boeke aan te koop te verminder, maar voorsiening is ook gemaak vir die invoer van nuwe titels. |
3. |
U word uitgenooi om aanbevelings of kommentaar oor die aangeleentheid skriftelik in te dien teen nie later as 15:00 op 22 Julie 2011. Die Voorgeskreweboekekomitees sal alle aanbevelings en kommentaar oorweeg en indien nodig, sal wysigings aangebring word voordat die finale lyste uitgereik word. |
4. |
Stuur u aanbevelings en/of kommentaar na een van die volgende adresse:
Pos: |
Die Hoof: Onderwys Vir Aandag: Me N N Ngondo Wes-Kaap Onderwysdepartement Privaatsak X9114 KAAPSTAD 8000 |
Per e-pos: lngondo@pgwc.gov.za |
|
GETEKEN: BK SCHREUDER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBESTUUR
DATUM: 2011:07:01
|
|