1. |
Die goedgekeurde Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring (KABV) sal ingefaseer word by alle grade oor die volgende 3 jaar, en begin by graad R tot 3 en graad 10 in Januarie 2012. |
3. |
Die oriëntering van skoolbestuurspanne (SBS'e) en graad 10-onderwysers in die onderwysdistrikte sal 'n aanvang neem tydens die derde kwartaal van 2011. |
4. |
Kurrikulumkoördinering-en-advies-bestuurders in die distrikte het programme opgestel vir die oriëntering en opleiding van SBS'e en graad 10-onderwysers in vakgroepe in elke distrik. Logistieke inligting sal aan skole verskaf word deur die distrikskantore. |
5.1 |
Dit sal 'n aanvang neem om 15:00 op 'n Vrydag na skool en voortduur tot 17:00 daardie dag. Dit sal voortduur op die Saterdag, vanaf 08:00 tot 17:00. |
5.2 |
Bywoning is verpligtend vir alle onderwysers. |
6. |
Graad 10 vakinhoudopleiding: |
6.1 |
Dit sal geskied gedurende die September skoolvakansie op ten minste twee agter-eenvolgende dae, vanaf 08:00 tot 16:00. |
6.2 |
Onderwysers sal opleiding ontvang in die nuwe graad 10-inhoud van die KABV. |
7. |
Bring asseblief die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van al u onderwyspersoneel. |
GETEKEN: BK SCHREUDER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM- EN ASSESSERINGBESTUUR
DATUM: 2011:07:13
|
|