1. |
Die Wes-Kaap Onderwysdepartement het 'n DVD gemaak om onderwysers van graad 10 tot 12 by te staan met die opstel van die Junie-eksamenvraestelle. |
2. |
Die DVD bevat voorbeeldvraestelle en nasienmemorandums vir graad 10 - 12. Met uitsondering van die taalvraestelle, word al die vraestelle in Engels en Afrikaans opgestel. |
3. |
Kopieë van die DVD sal aan distrikskantore gestuur word en dan onder skole versprei word. |
4. |
Prinsipale word versoek om die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van alle onderwysers van graad 10 tot 12 te bring. |
GETEKEN: BK SCHREUDER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM- EN ASSESSERINGBESTUUR
DATUM: 2011:05:16
|
|