7. |
Voor 'n skool sy data aanlyn kan vaslê, moes dit eers 'n drukstuk van sy inventarisse en vraelys ingevul het. Drukstukke van die inventarisse, vraestelle en Gebruikersgids moet afgelaai word van die nuwe WKOD-webtuiste by http://curriculum-dev.wcape.school.za/.
Nadat jy die webtuiste oopgemaak het, kliek op "Tools" bo regs in die kieslysblok. Plaas jou merker op "Pop-up blocker" wat vertoon word en maak seker dat dit weer afgeskakel word voor jy verder gaan.
Plaas dan jou merker op "FET: Further Education and Training". Rol die "pop-up" af en plaas jou merker op "Sciences". Rol na regs en dan af na "Physical Sciences". Kliek op "Physical Science". In die nuwe venster, kliek op "Downloads 1", wat die laaste aandagkol aan die linkerkant is. In die nuwe venster, kliek op die vouer "Circulars". In die nuwe venster, kliek op die item van u keuse, bv. "UserGuideEng". In die nuwe venster, kliek op "Downloads" onderaan die skerm. In die nuwe venster, kliek weer op "Downloads". In die opwipbeeld, kies "Save" en bewaar die dokument op jou harde skyf, bv. in jou Desktop. Moet nie "Open" kies nie.
|