1. |
Skole het verlof om hulle leerders gedurende skoolure na die Kunstekaap-teater te neem om teateropvoerings uit voorgeskrewe boeke by te woon. Die bywoning van sodanige opvoering sal as 'n opvoedkundige uitstappie beskou word. |
2. |
Die bywoning van 'n teateropvoering is 'n opvoedkundige en lewenservaring wat sal bydra tot die leerder se lewensgehalte en vaardighedeontwikkeling. |
3. |
Die volgende voorgeskrewe werke sal opgevoer word:
TAAL |
GRAAD |
TITEL |
SKRYWER |
DATUMS |
TYD |
Afrikaans |
12 |
Baby |
E K M Dido |
21 tot 25 Februarie 2012 |
10:00 |
Engels |
11 |
A Midsummer Night's Dream |
William Shakespeare |
10 tot 21 April 2012 |
10:00 |
Xhosa |
12 |
Amaza |
Z S Qangule |
30 April tot 12 Mei 2012 |
10:30 |
|
4. |
Die koste vir leerders en onderwysers is R40 per kaartjie. Vir inligting oor blok besprekings en die betaalwyse word skole aangeraai om een van die volgende nommers te skakel: 083 915 8000 / 011 340 8178 / 021 421 7695. Kaartjies kan ook by Computicket of Shoprite- Checkers gekoop word. Niemand sal toegang tot die ouditorium verkry sonder 'n kaartjie nie. |
5. |
VERVOER
Indien u vervoer nodig het vir u leerders na en van die teater af, skryf 'n kort briefie om vervoer te versoek, dui aan die getalle en verskaf 'n kort motivering. Rig u versoek aan die volgende adres:
|
6. |
OPVOEDKUNDIGE VOORDELE |
6.1 |
Om 'n opvoering van 'n voorgeskrewe werk by 'n teater by te woon, kan beskou word as 'n verlenging van onderrig en leer in die klaskamer. |
6.2 |
Leerders sal 'n groter insig verkry in die voorgeskrewe werk, wat weer eksamenprestasie sal verbeter. |
6.3 |
Leerders sal blootgestel word aan 'n wêreld wat verskil van hulle plaaslike gemeenskap en skoolomgewing. |
6.4 |
Leerders sal blootgestel word aan die teater en die kunste, en hulle oë sal oopgaan vir moontlike beroepsmoontlikhede. |
7. |
Taalonderwysers word aangemoedig om aktiwiteite vir voor, tydens en na die opvoering te beplan. |
8. |
Taalonderwysers word aangemoedig om alles moontlik te doen om hulle leerders na die Kunstekaap-teater te neem waar hulle na die regstreekse opvoerings kan kyk. |
9. |
Skole sal ook kommunikasie vanaf die Kunstekaap-teater ontvang. |
10. |
Bring asseblief die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van al u taalonderwysers. |
GETEKEN: BK SCHREUDER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBESTUUR
DATUM: 2011:12:09
|
|